Wie, wat en hoekom?

IndiHUB se doel is om jou as onafhanklike kunstenaar by te staan in elke aspek van jou loopbaan of om jou te help om 'n onafhanklike kunstenaar te word

Weet jy nie waar om te begin nie? Voel jy het nie die nodige kennis op alle gebiede nie?


IndiHUB is jou een stop oplossing om 'n onafhanklike kunstenaar te wees. Ons doel is om kunstenaars toe te rus met die kennis en kundigheid met kenners op elke gebied wat jou sukses as onafhanklike kunstenaar 'n realiteit kan maak.


Ons help met alles van inhoud skepping, plasing met kenners in vervaardiging, registrasie by verskillende tantieme platforms, indvordering van jou tantieme op alle vlakke, skakeling met media met jou vrystellings, kunswerk vir jou vrystellings, sosiale media tot besprekings en vele meer.

Wees in beheer van jou eie inhoud en put finansieel maksimaal uit jou inhoud. Toegang tot van die beste digitale verspreidingsplatforms met legio kennis van hoe om jou toe te rus om jou vrystelling 'n sukses te maak.


Ons help om seker te maak jy is oral geregistreer en kry die tantieme wat jou toekom vir jou inhoud.


Ons kan help met die proses van A tot Z. Alles onder een dak en jy kan kies van watter dienste jy gebruik wil maak.


Deursigtigheid wat jou in beheer van jou eie loopbaan plaas, so waarvoor wag jy?